.png)
Liewe Ouers! – Nuwe Afrikaanse potgooi vra: Hoe word jy 'n volwasse ouer in ’n wêreld sonder rigting? Die landskap van ouerskap het verander — en baie ouers voel dit aan hul bas.
Dis hier waar Liewe Ouers!, ’n nuwe Afrikaanse potgooi aangebied deur life coach, sanger/liedjieskrywer en pappa van drie, Lukas de Beer, wil help bou aan iets belangriks: volwasse teenwoordigheid in ouerskap.
Episode 1 is op 23 Mei 2025 bekendgestel op Spotify, Apple Podcasts en YouTube, met gasspreker Dr Theo Geyser van Invia Gemeente (Stellenbosch). Die tema: Volwasse Ouerskap in ’n Onvolwasse Wêreld — ’n eerlike gesprek oor waarom volwassenheid só nodig is in vandag se gesinne, en hoe ouers hul eie groeiproses kan omhels.
“Ons kinders het nie volmaakte ouers nodig nie. Hulle het volwasse ouers nodig.” – Theo Geyser
Die potgooi beoog om elke maand temas soos:
> Gesonde gesag en grense
> Ouer-issues
> Generasiegaping
> Volwasse Ouerskap
…en nog baie meer te verken — alles op grondvlak, in eg Afrikaans, en met praktiese insigte.
Episode 2 verskyn binnekort, met gasspreker Jannie Putter, bekende sportsielkundige en outeur. Hy deel hoekom sogenaamde “old school” ouerskap nog steeds werk — en hoe moderne ouers dit met wysheid kan benader.
Liewe Ouers! is ‘n potgooi wat die avontuur van ouerskap met bedagsaamheid, genade en nuuskierigheid aanpak. Luister na insiggewende gesprekke met kundiges en ouers oor die uitdagings, vreugdes en vrese van ouer-wees in ‘n wilde, woeste wêreld. Jou kinders sal bly wees jy het.
Vir navrae of onderhoude kontak Lukas de Beer direk by 082 822 7321 of info@lukasdebeer.com
Persverklaring uitgereik deur Lukas de Beer 26 Mei 2025